Donatello en Volksie

Donatello en Volksie
Author: Marion Erskine
Language Afrikaans
Pages: 256
ISBN10: 0624048306
Genre: Favorites
Goodreads Rating: 4.48
ISBN13: 9780624048305
Published: May 13th 2010 by Tafelberg

Op Oukersaand sit Zoë Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie – selfs nie eers ‘n hond waarmee sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoë ‘n “verdomde basic human right”. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op www.matchmate inlog. . . Só ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoë) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.